Linda Kriel se Geneway Getuigskrif

Written by: 
Linda Kriel

Linda Kriel van destydse Body Beat en fiksheid in Sarie Tydskrif; en deesdae se Kry Daai Lyf op KykNET en Finesse Tydskrif is Suid Afrika se fiksheids-guru het 'n Geneway toets gedoen om te kyk wat in haar DNA & gesondheid aangaan.

Hiermee haar getuigskrif:

Nadat ek Dr Christa North  se praatjie gehoor het - oor hoe groot rol ons gene speel in ons leefstyl en gesondheid - was ek baie nuuskierig om te weet wat my DNA van my verklap. Ek het 'n rukkie sonder kos gebly en toe is my DNA "swab" geneem deur 'n wattestokkie aan die binnekant van my mond vir 'n minuut lank te rol. Dit is toe weggestuur en ongeveer 2 weke later het ek my uitslae gekry.

Die uitslae het 'n paar verrassings gehad, maar ook heelwat bevestig wat ek vermoed het. Soos byvoorbeeld dat ek insulienweerstandig is. Geen wonder 'n eetplan wat hoog is in koolhidrate werk nie vir my nie.  As ek koolhidrate eet voel ek heeldag honger... maar my DNS het gewys ek kan dieetvette goed kan hanteer! Wat interessant was, was die feit dat ek effens laktose intolerant is. Ek drink steeds bietjie melk in my koffie en eet so 2 keer per week jogurt, maar soos Dr Christa gesê het, as ek ooit 'n gewigsprobleem kry, sal dit goed wees om dit uit te sny. Dan het die Geneway toets ook aangedui dat ek geneties te min vitamien D asook folaat absorbeer en neem dus nou aanvullings vir dit. 

Wat oefening aanbetref, was die feit dat my liggaam baie goed reageer op hoë intensiteit oefeninge bevestiging dat ek die regte oefenmetode volg. Ons almal verskil en dis goed om uit te vind wat werk vir jou liggaam.

Baie dankie Geneway. 

Linda Kriel