Linda Kriel se Geneway Getuigskrif

Linda Kriel van destydse Body Beat en fiksheid in Sarie Tydskrif; en deesdae se Kry Daai Lyf op KykNET en Finesse Tydskrif is Suid Afrika se fiksheids-guru het ‘n Geneway toets gedoen om te kyk wat in haar DNA & gesondheid aangaan.

Hiermee haar getuigskrif:

Nadat ek Dr Christa North  se praatjie gehoor het – oor hoe groot rol ons gene speel in ons leefstyl en gesondheid – was ek baie nuuskierig om te weet wat my DNA van my verklap. Ek het ‘n rukkie sonder kos gebly en toe is my DNA “swab” geneem deur ‘n wattestokkie aan die binnekant van my mond vir ‘n minuut lank te rol. Dit is toe weggestuur en ongeveer 2 weke later het ek my uitslae gekry.

Die uitslae het ‘n paar verrassings gehad, maar ook heelwat bevestig wat ek vermoed het. Soos byvoorbeeld dat ek insulienweerstandig is. Geen wonder ‘n eetplan wat hoog is in koolhidrate werk nie vir my nie.  As ek koolhidrate eet voel ek heeldag honger… maar my DNS het gewys ek kan dieetvette goed kan hanteer! Wat interessant was, was die feit dat ek effens laktose intolerant is. Ek drink steeds bietjie melk in my koffie en eet so 2 keer per week jogurt, maar soos Dr Christa gesê het, as ek ooit ‘n gewigsprobleem kry, sal dit goed wees om dit uit te sny. Dan het die Geneway toets ook aangedui dat ek geneties te min vitamien D asook folaat absorbeer en neem dus nou aanvullings vir dit. 

Wat oefening aanbetref, was die feit dat my liggaam baie goed reageer op hoë intensiteit oefeninge bevestiging dat ek die regte oefenmetode volg. Ons almal verskil en dis goed om uit te vind wat werk vir jou liggaam.

Baie dankie Geneway. 

Linda Kriel

 

 

Related Articles

Linda Kriel’s Geneway Testimonial

Linda Kriel’s Geneway Testimonial

Linda Kriel is South Africa’s celebrity fitness-guru. You might remember her from Body Beat. She is currently on kykNET’s “KryDaaiLyf” and involved with Finesse Magazine. Linda tested her DNA with Geneway. This is her testimonial: "After listening to a talk by Dr...

read more
Autism Gene Mutation Causes Too Many Brain Connections

Autism Gene Mutation Causes Too Many Brain Connections

Scientists say people with autism might have too many brain connections, causing communication problems in their nervous systems. At the root of the issue is a malfunctioning gene within the brain cells called neurons. The RNF8 gene helps to regulate the connections,...

read more
What do genes tell us about vitamin D requirements?

What do genes tell us about vitamin D requirements?

Vitamin D and health Vitamin D is a hot topic these days. We get it from the sun, fortified milk, butter, ghee, soybeans, soy milk, cheese, eggs and certain types of fish and mushrooms. It’s usually credited with promoting bone strength and overall health. And vitamin...

read more
×

Hello!

Click on Customer Support to connect on WhatsApp or send us an email to info@geneway.co.za

× How can we help you?